Uitwerking op die omgewing
Hierdie bladsy tref voorsorgmaatreëls om die omgewingsimpak van Wikimania 2018 te verminder.
Wat ons te doen staan
Bespaar krag
- Kies stapafstandverblyf vanaf die lokale.
- Stel buspendeldienste beskikbaar.
- Maan konferensiegangers om hul elektroniese toerusting af te skakel voordat hulle die hotelkamers verlaat.
Bespaar water
- Lees Waterskaarste.
Vermors minder
- los eerder plastiekeetgerei [of sit geregte/versnaperings voor wat geen eetgerei benodig nie; die wassery mors water]
- gebruik herwonne papier vir drukwerk [probeer drukwerk waar moontlik vermy]
- gebruik herwonne stof/materiaal vir naamplaatjies en -draagkoorde.
- maak jou eie naamplaatjie tuis om later saam te bring, of bring jou oue.
- plaas herwinningsblikke op strategiese punte by die konferensielokaal en hotel
- Waterbottels is herbruikbaar - koop by aankoms of bring jou eie.
Koop kos/produkte in Kaapstad self
- Konferensiesak/-T-hemp moet plaaslik vervaardig wees
- Konferensiesak/-T-hemp kan eerder van omgewingsvriendelike materiaal wees wat minder water verbruik.
- Sit hoofsaaklik vegetariese/vegaangeregte voor.
Reisreëlings
- Probeer regstreekse vlugte na Kaapstad bespreek [en probeer die O.R. Tambo Lughawe-tussenlanding vermy]
- Gebruik openbare vervoer (soos MyCitibus) vanaf die lughawe na die middestad [waar die konferensiegangers waarskynlik sal oorbly]. Die pendelbusdiens vertrek elke halfuur. Miskien kan 'n voorafbetaalde buskaartjie reeds aan die konferensiegangers by die lughawe uitgereik word. Die busdienste se arm sal dan gedraai moet word.
- Sien toe dat die aanbevole reisburo's volhoubare toerismebeginsels uitleef.
- Wat die vliegtuigpassasiers betref, kan die berekende vrygelate koolsuurgas in randwaarde vir plaaslike projekte omgesit word.
Fokus veral op Kapenaars en Suid-Afrikaners as teikengroep
- Beperk sodoende buitelandse retoervlugte. Een retoervlug vanaf Londen na Kaapstad skep 3,1 metrieke ton koolsuurgas. Ons verwag om 100 retoervlugte en altesaam 310 metrieke ton koolsuurgas sodoende te verminder.
- Kyk na ons Videoblad
Wie wil help?